Versteekte dwelms is agter ‘n badkamerteël ontdek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Dwelms wat agter 'n los badkamerteël versteek was, is tydens 'n polisie-optrede in Bastionstraat by die langafstand-taxistaanplek in Bloemfontein ontdek.
Polisiewoordvoerder Thabo Covane sê beamptes het aanvanklik twee mans dopgehou tydens 'n verdagte transaksie voordat een van hulle met vermoedelik Crystal Meth betrap is.
Die polisie het daarna 'n winkel deursoek waar 'n beampte die los teël agter 'n toilet opgemerk het.
Meer as 50 sakkies vermoedelike Crystal Meth, sowat 454 gram metamfetamien, asook 'n skaal en ander toerusting is daar gevind.
'n Man is in hegtenis geneem, terwyl die ander verdagte ook aangekla is van die besit van dwelms. Hulle sal binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.








Comments