top of page

Vervalde lisensiekaarte is geldig – mits dit aan vereistes voldoen

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Sep 30
  • 1 min read

Suid-Afrikaanse motoriste sal voortaan vervalde lisensiekaarte as geldige vorm van identifikasie mag gebruik – mits hulle aan sekere vereistes voldoen.


Novus Media berig die departement van vervoer het nuwe reëls hieroor in die staatskoerant gepubliseer. Dit bring verligting vir duisende motoriste wat vasgevang is in die agterstallige druk van lisensiekaarte weens die drukker wat herhaaldelik onklaar raak.


Volgens die nuwe reëls sal jou kaart vir drie maande geldig bly indien jy dit hernu het voor die vervaldatum – motoriste moet in dié geval die vervalde kaart sowel as die kwitansie vir die hernuwingsaansoek by hulle dra.


Dié wat aansoek doen nadat die lisensie verval het, moet 'n tydelike bestuurslisensie kry, wat vir ses maande sal geldig wees, of tot die nuwe kaart ontvang is.


Lugrederye en ander instansies is aangesê om vervalde lisensies te aanvaar ten einde reisontwrigting te voorkom.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

Comments


bottom of page