top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vervalste medikasie nie die antwoord vir gewigsverlies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2024
1 min read

November is Diabetes-bewusmakingsmaand, en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) doen ‘n beroep op die publiek om nie vervalste weergawes van Ozempic en Mounjaro vir gewigsverlies te koop nie. Hierdie produkte word op aanlynplatforms verkoop en word gebruik om tipe twee-diabetes te behandel. Volgens Sahpra hou hierdie produkte ernstige gesondheidsrisiko’s in en word dit nie in Suid-Afrika vir gewigsbestuur aanvaar nie. Luidens ‘n aanlyn artikel van Columbus Park, ‘n sentrum vir die behandeling van eetversteurings in Manhattan, is Ozempic 'n medikasie wat ‘n persoon se bloedsuikervlak verlaag, en kan die medikasie die risiko van hipoglukemie verhoog. Dit is veral kommerwekkend in nie-diabetiese individue wat dalk nie gewoond is om hul bloedsuikervlakke te monitor nie, aangesien dit tot gesondheidskwessies soos chroniese lae bloedsuiker, duiseligheid, hoofpyn, bewing, hartkloppings, en meer kan lei.

 
 
 

Comments


bottom of page