top of page

Verwaarloosde museums in Bloemfontein kry aandag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 30
  • 1 min read

Ná ‘n toesigbesoek aan museums in Bloemfontein wat verskeie probleme met basiese instandhouding ondervind, sal diensverskaffers binne sewe dae aangestel word om aan die probleme aandag te gee. Netwerk24 het Dinsdag saam met lede van die Metro se portefeuljekomitee oor sport, kuns, kultuur en ontspanning besoek afgelê aan onder meer die Nasionale Afrikaanse Letterkundemuseum en Navorsingsentrum asook die Ou Presidensie en die Queen’s Fort Militêre Museum. Nie net word veiligheidsmaatreëls by die Queen’s Fort Militêre Museum benodig nie, maar van die museums het ook probleme met elektrisiteit asook riool- en waterprobleme in badkamers. In die vorige boekjaar is R1,5 miljoen begroot vir die algemene instandhouding van 13 museums in die Vrystaat. Volgens DA-LP en woordvoerder oor sport, kuns, kultuur en onstpanning, Werner Pretorius, moet die bedrag drasties vergroot word.

 
 
 

Comments


bottom of page