Verwagtinge dat Reserwebank rentekoerse kan verlaag

Sep 19, 2024
1 min read
Die rand het Woensdag tot ‘n byna 14 maande hoogtepunt verstewig nadat plaaslike inflasiesyfers meer gedaal het as wat voorspel is. Dit het die verwagtinge verhoog dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank Donderdagrentekoerse kan verlaag. Verbruikersinflasie het vir die derde opeenvolgende maand tot vier-komma-vier persent in Augustus afgekoel. Dit is die laagste wat dit sedert April 2021 was. Die rand het handel nul-komma-twee-sewe persent stewiger gesluit teen R17,55 teenoor die Amerikaanse dollar. Dit het vanoggend handel op sy sterkste vlak sedert Julie 2023 teen R17,53 teenoor die dollar geopen.








Comments