Verwarring heers oor die aanskaf van 'n Nigeriese waterpomp vir Brandfort
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 8
- 1 min read
Inwoners van Brandfort is hoogs ontsteld ná verwarring oor 'n waterpomp. Die dorp is reeds meer as 'n week sonder water.
Netwerk24 berig die VF Plus-raadslid, Willem Potgieter, sê die munisipale direkteur is Maandag deur die huidige diensverskaffer ingelig dat die spesifieke pomp nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar van Nigerië ingevoer kan word. By verdere navraag is daar vasgestel dat ’n ander vorige diensverskaffer wel tans ’n soortgelyke pomp in Johannesburg beskikbaar het.
Potgieter sê die pomp is van Johannesburg af gekry en die kontrakteur is besig met die installasieproses. Volgens hom behoort die dorp weer teen Vrydag water te hê.
Vrae het wel ontstaan oor waarom die munisipaliteit ’n buitelandse diensverskaffer wou gebruik en die proses verder vertraag, terwyl ’n Suid-Afrikaanse maatskappy, wat voorheen dienste aan die munisipaliteit gelewer het, binne dae ’n oplossing kan bied.







Comments