Verwerpte asielsoekers kan nie onbeperk in SA bly nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 13
- 1 min read
Die Konstitusionele Hof het beslis dat verwerpte asielsoekers nie onbepaald in Suid-Afrika kan bly deur herhaalde aansoeke en regsvertraging nie.
ActionSA het die uitspraak verwelkom en sê dit versterk bestaande immigrasiewette, asook die toepassing daarvan.
Die party se Lerato Ngobeni sê die uitspraak beklemtoon ook probleme met die afdwinging en administrasie van die asielstelsel.
Sy het die Departement van Binnelandse Sake versoek om die uitspraak dringend te implementeer, agterstande te verminder en deportasiestelsels te verbeter.








Comments