VF Plus: 'Die staat moenie by Bokkieweek inmeng nie'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die VF Plus sê die staat behoort nie by die Bokkieweek-sporttoernooi in te meng of deelnemers te benadeel nie.
Die party reageer op oproepe deur regeringsverteenwoordigers, onder andere Gautengse premier Panyaza Lesufi en minister Gayton McKenzie, vir optrede en ‘n ondersoek na die toernooi.
Volgens die VF Plus is Bokkieweek ‘n selfbefondsde, vrywillige inisiatief wat in die burgerlike sfeer funksioneer en deur die Grondwet beskerm word. Die party meen die regering moet hom tot die openbare sfeer beperk.
Rosestad-nuus het vroeër berig versoeke is gerig om die byeenkoms te ondersoek ná mediaberigte dat slegs Afrikaansmediumskole deelgeneem het. Daar was ook bewerings dat die ou volkslied gesing is en spanne gegroepeer is volgens Suid-Afrika se voormalige provinsiale grense.








Comments