VF Plus sê Ramaphosa dink hy kan doen wat hy wil
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 28
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa dink steeds die ANC "is ‘n party met ‘n tweederde-meerderheid wat kan doen wat hy wil". Dit volgens die leier van die VF Plus, Corne Mulder, na aanleiding van Ramaphosa se antwoord in die Nasionale Vergadering oor swart ekonomiese bemagting (SEB). Mulder sê ná 31 jaar is daar nog geen einde in sig aan SEB nie, en die ANC kan steeds nie insien waarom ‘n party soos die VF Plus daarteen gekant is nie. Hy hou vol dat dit sinneloos is om van ekonomiese groei en werkskepping te praat terwyl SEB toegepas word. Die president het Dinsdag weer aangedui dat dit nodig is om ongelykhede van die verlede te herstel.





Comments