Vier is dood in 'n skietery langs 'n VS pad
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 56 minutes ago
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat soek na verdagtes nadat vier mense dood en ‘n ander ernstig gewond is in ‘n skietery naby Tweeling in die Fezile Dabi-distrik.
Die polisie sê die slagoffers het op die R26 gery toe hulle deur gewapende verdagtes in twee voertuie in ‘n lokval gelei is. Die aanvallers het op die voertuig losgebrand voordat hulle van die toneel gevlug het.
‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê een oorlewende is met veelvuldige skietwonde hospitaal toe geneem.
LUISTER HIER:
Lt.kol. Thabo Covane








Comments