Vier is vas in die VS vir koperdraaddiefstal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 20
- 1 min read
Die polisie in Bothaville in die Vrystaat het vier verdagtes in hegtenis geneem in verband met wydverspreide vandalisme van elektriese infrastruktuur en koperdraad-diefstal wat die streek teister.
'n Totaal van 124 kg koperdraad met ’n geskatte waarde van R11 160, asook vervalste goedere van onbekende waarde, is gekonfiskeer.
Nova News berig die polisie het ook die verdagtes se luukse voertuig as deel van die ondersoek in beslag geneem.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring die verdagtes bly in aanhouding en sal na verwagting binnekort in die Bothaville landdroshof verskyn op aanklagte van besit van koperdraad en besit van vervalste goedere.








Comments