Vier is vas nadat 'n VS sakevrou beroof is
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat 'n sakevrou en haar gesin by hul huis in Petrus Steyn beroof is.
Haar man het in die nag gaan ondersoek instel nadat hulle iets gehoor het, en het toe inbrekers gewaar. Die kinders is na 'n ander kamer geneem om weg te kruip.
Volgens 'n polisieverklaring het die inbrekers, wat met vuurwapens gewapen was, die man op die vloer met toue agter sy rug vasgebind en geld geëis. Hulle het die man ontvoer en in die egpaar se voertuig ontsnap.
Later dieselfde dag is die voertuig in Qwaqwa gewaar, en 'n gesamentlike operasie het gelei tot die verdagtes se inhegtenisname. Die ontvoerde man is ongedeerd gevind.
Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Petrus Steyn landdroshof op aanklag van gewapende roof en ontvoering verskyn.








Comments