top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vier is vas vir die beweerde diefstal van koperkabel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 days ago
  • 1 min read

Vier verdagtes is in Sasolburg vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabel en vermoedelik gesteelde eiendom in hegtenis geneem.


Polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, sê in 'n verklaring lede van die Fezile Dabi Infrastruktuur-taakspan en die Trio-taakspan het op inligting gereageer wat hulle na ’n woning in Chris Hani gelei het. Daar is twee verdagtes binne ’n sinkhut gevind in besit van vermoedelik gesteelde koperkabels met ’n geskatte waarde van R13 500.


Daarna het beamptes na die Cargo informele nedersetting beweeg, waar nog twee verdagtes in besit van vermoedelik gesteelde eiendom gevind is nadat hulle nie ’n bevredigende verduideliking vir die besit van die items kon verskaf nie.


Al vier verdagtes sal na verwagting binnekort voor die landdroshof in Sasolburg verskyn.


Die vermoedelik gesteelde items. FOTO: Verskaf
Die vermoedelik gesteelde items. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page