Vier is vas vir die verkoop van 'n ietermagog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 5
- 1 min read
Vier verdagtes tussen die ouderdomme van 47 en 62 sal in die Welkom-landdroshof verskyn nadat hulle glo probeer het om 'n ietermagog vir R80 000 te verkoop.
Volgens 'n mediaverklaring van die Valke is die verdagtes in hegtenis geneem nadat ondersoekers inligting ontvang het oor die beweerde verkoop van die bedreigde dier.
Die vier is in 'n voertuig in Welkom betrap en die ietermagog is aan die relevante owerhede oorhandig vir bewaring.
Die verdagtes staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit en die Wet op Dierebeskerming.








Comments