Vier is vas vir vermoedelik gesteelde Transnet-koperkabels
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 22
- 1 min read
Vier mans is in hegtenis geneem nadat vermoedelik gesteelde Transnet-koperkabels ter waarde van ‘n geraamde R150 000 in Odendaalsrus in die Vrystaat teruggevind is.
Polisiebeamptes van Operasie Ukubuza het die 766 kg koperkabel by ‘n skrootmetaalhandelaar in Kutlwanong opgespoor na aanleiding van intelligensie oor ‘n diefstal in Wolmaransstad.
Die verdagtes staan tereg op aanklagte wat verband hou met skade aan noodsaaklike infrastruktuur en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Een verdagte staan ook tereg op ‘n aanklag kragtens die Immigrasiewet.
Hulle sal na verwagting binnekort in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.








Comments