top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vier kinders is in die hospitaal nadat ‘n benseen-houer ontplof

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 28, 2025
1 min read

Vier kinders met brandwonde is vir mediese behandeling na hospitale in Qwaqwa, geneem. Dit volg ná ‘n houer met benseen ontplof het toe ‘n tienermeisie dit glo in ‘n vuur gegooi het. Volgens Nuusflits sê ‘n polisiewoordvoerder ‘n navraagdossier is geopen wat ondersoek word. Die tienermeisie het glo met nat hout gesukkel terwyl sy op ‘n vuur buite hul huis kos gemaak het. Sy het toe ‘n plastiekhouer, wat sy gedink het paraffien bevat, in die huis gaan haal en in die vuur gegooi. Die houer met benseen, het ontplof en vier van die bure se kinders, wat om die vuur gesit het, gebrand - die tienermeise is ongedeerd.

 
 
 

Comments


bottom of page