top of page

Vier klagtes van hoogverraad teen AfriForum geopen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 4
  • 1 min read

Die Valke ondersoek tans vier klagtes van hoogverraad wat teen AfriForum geopen is. Dit, volgens die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya. Die ondersoeke hou verband met politieke partye wat klagtes teen die organisasie ingedien het weens hul besoek aan Amerika verlede week. Die partye beskuldig die organisasie saam met die vakbond Solidariteit en die Solidariteit beweging vir die verspreiding van misleidende inligting aan Amerika oor die Onteieningswet. Lebeya sê die ondersoek is nog aan die beginfase.

 
 
 

Comments


bottom of page