top of page

Vier mense sterf in 'n motorongeluk op die N1

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 27
  • 1 min read

Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag ná 'n motorongeluk op die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat.


Volgens 'n polisieverklaring was passassiers in twee motors vasgevang. 'n Voorlopige ondersoek dui aan dat die motors in teenoorgestelde rigtings beweeg het toe die ongeluk gebeur het.


Drie mense is op die toneel dood verklaar, terwyl 'n vierde in die hospitaal aan sy beserings beswyk het. Die ander vyf passassiers, insluitend twee minderjariges, is na hospitale vir mediese sorg geneem.


Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana sê die ondersoek duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page