top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vier verdagtes is vas oor gesteelde vee in Virginia

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 27, 2025
  • 1 min read

Vier verdagtes is in hegtenis geneem oor gesteelde vee ter waarde van meer as R38 000 wat op ’n plaas in Virginia gevind is. Die verdagtes is deur lede van Virginia Rural Safety en die Odendaalsrus-eenheid vir veediefstal in hegtenis geneem. Luidens ’n polisieverklaring het hulle Woensdagoggend inligting ontvang oor moontlik gesteelde beeste, wat hulle na ’n plaas gelei het. Daar het hulle 11 kalwers in ’n kraal gevind. Die 70-jarige eienaar van die plaas kon nie rekenskap gee vir die beeste nie en is in hegtenis geneem. Drie ander mans is later ook vir veediefstal in hegtenis geneem. Die regmatige eienaar het die vee positief geïdentifiseer. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn .

 
 
 

Comments


bottom of page