top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vier verdagtes word in ‘n begrafplaas in die Vrystaat vir diefstal in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 7, 2025
  • 1 min read

Die Petrus Steyn-polisie het vroeër die week 4 verdagtes in die Nketoana Munisipaliteit se begraafplaas, vir diefstal in hegtenis geneem. Die verdagtes is na bewering betrap terwyl hulle koperkabels opgegrawe het. Volgens ‘n mediaverklaring van die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat, is drie verdagtes op die toneel in hegtenis geneem terwyl die vierdie verdagte deur speurders in die Mamafubedu-township in hegtenis geneem is. Drie van die verdagtes is reeds op borgtog vrygelaat, nadat hulle in die hof verskyn het vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die vierde verdagte bly steeds in aanhouding tot sy hofverskyning op die 27ste Julie vanjaar.

 
 
 

Comments


bottom of page