Viljoenskroon worstel weer met rou riool
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 22
- 1 min read
Updated: Jul 23
AfriForum beskuldig die plaaslike owerheid daarvan dat 'n rioolstorting in Viljoenskroon in die Vrystaat steeds nie aangespreek word nie.
Volgens die organisasie word inwoners en vee weer aan rou riool blootgestel.
AfriForum sê die probleem is reeds in 2022 by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aangemeld en is destyds ná ingryping opgelos.
Die organisasie versoek nou dat dringend opgetree word en waarsku dat die rioolstorting ernstige gesondheids- en omgewingsrisiko's inhou.
Indien daar nie opgetree word nie sê AfriForum hy sal die saak weer by die Menseregtekommissie aanmeld.








Comments