top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vingerafdrukke lei tot tronkstraf vir ‘n kabeldief

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 22
  • 1 min read

’n Voormalige selfoontoringtegnikus is tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die diefstal van koperkabels en skade aan selfooninfrastruktuur naby Rouxville in die Vrystaat.


Die polisie sê forensiese vingerafdrukbewyse het die 43-jarige Sello Dichaba met die misdaad verbind.


Volgens die polisie is sy vingerafdrukke op die toneel gevind nadat houers by MTN- en Vodacom-torings oopgebreek en koperkabels gesteel is.


Die hof het Dichaba op vier aanklagte, waaronder diefstal en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, skuldig bevind.


Die polisie het ondersoekers en forensiese kundiges geloof vir hul werk in die saak.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page