top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vinnige optrede in Bainsvlei lei tot die opspoor van ‘n gesteelde voertuig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 minutes ago
  • 1 min read

Vinnige optrede deur wetstoepassers het gelei tot die opspoor van ’n gesteelde voertuig én die arrestasie van ’n verdagte in Bainsvlei, Bloemfontein.


Vrystaatse polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê in ’n mediaverklaring die Bloemfontein 10111-beheersentrum het vroeër die week ’n wenk ontvang oor die diefstal  — waarna die sogenaamde Eyes and Ears-projek onmiddellik geaktiveer is.


Die voertuig is kort daarna deur lede van die Blitspatrollie op die R30 in die rigting van die Brandfort-tolhek opgemerk.


’n Multidissiplinêre span het vinnig opgetree en die voertuig onderskep.


Die hele operasie – van die aanvanklike melding tot die arrestasie – is binne minder as 20 minute afgehandel.


Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page