Visas vir die VK word nou digitaal verkry
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 25
- 1 min read
Suid-Afrikaners wat aansoek doen vir VK-visums sal nou hul reistoestemming in digitale formaat ontvang.
Van Woensdag af sal goedgekeurde aansoekers ‘n eVisa in plaas van ‘n fisiese visumplakker of paspoortstempel ontvang.
Volgens UK Visas and Immigration vorm die skuif deel van ‘n breër stelselmodernisering.
Die eVisa sal dien as ‘n aanlyn rekord van ‘n reisiger se immigrasiestatus en -voorwaardes.
Owerhede beklemtoon dat visumreëls onveranderd bly, met die volle bekendstelling wat later vanjaar verwag word.







Comments