top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Visserman moontlik deur krokodil aangeval

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 10, 2025
  • 1 min read

Polisie in Limpopo het inwoners gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle swem na ’n beweerde krokodilaanval. The Citizen berig ʼn man is moontlik deur ’n krokodil aangeval toe hy visgevang in die Mogalakwena-rivier by Arrie Village, wat vol krokodille is. Die voorval het Vrydagoggend gebeur, toe inwoners die liggaam van die man aan die polisie uitgewys het. Die voorlopige ondersoek het getoon dat die oorledene laas gesien is terwyl hy op dieselfde plek visgevang het. Polisiewoordvoerder, Kol. Malesela Ledwaba, verduidelik daar is ʼn moontlikheid dat hy deur krokodille aangeval is. Die provinsiale reddingspan het die liggaam later uit die rivier verwyder. Die man was sonder hande, en sy maag was weg. Die polisie waarsku inwoners om nie vis te vang, te swem of oor riviere met krokodille in te beweeg nie.

 
 
 

Comments


bottom of page