VL sê hy sal vir boere opstaan

Vrystaat Landbou (VL) verstaan die realiteit waardeur boere gaan en sal vir hulle opstaan. Dit is die boodskap van die president van Vrystaat Landbou (VL), Francois Wilken, by die afsluiting van die vereniging se kongres Donderdag in Bloemfontein.
Hy sê VL is positief oor die boodskap wat hulle probeer uitdra oor die belangrikheid van die kommersiële boer en die produsent se rol in die waardeketting.
Maroela Media berig Wilken het egter in dieselfde asem benadruk dat boere slegs gehelp kan word as alle rolspelers saamwerk.
In sy 2026-presidentsboodskap het Wilken ook gesê landbou bly een van die grootste drywers van ekonomiese groei, werkskepping en sosio-ekonomiese welvaart. Hy sê die sektor staan egter voor verskeie uitdagings wat dringend aandag verg, insluitend die voortslepende bek-en-klouseer-uitbreking.
Hy het die nuwe minister van landbou, Willie Aucamp, bedank dat hy bereid is om boere te help.









Comments