top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vlamme verteer dele van ‘n SA-nasionale park nadat weerlig tref

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 3, 2024
1 min read

Weerlig is die oorsaak van ‘n brand wat in die Tsitsikamma-deel van die Tuinroete Nasionale Park, in die Wes-Kaap woed. Weens die ontoeganklike terrein noord van die Bloukransbrug, word waterbomme ingespan om die brand te probeer blus. SABC News berig by monde van SAN-Parke is voorsorgmaatreëls getref om moontlike skade aan eiendom te voorkom, deur te keer dat die brand buite beheer raak. Die brand word as beheerde brand bestempel, en nie as ‘n wegholveldbrand nie.

 
 
 

Comments


bottom of page