Vleis bly die hoofdryfveer van voedselinflasie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 23, 2025
- 1 min read
Die jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) vir Junie was 3%, teenoor 2,8% in Mei. Dit beteken dat die VPI in Junie met 0,3% maand-tot-maand gestyg het.
Dit is vir die eerste keer in vier maande weer 3%.
Volgens SABC News het Statistieke Suid-Afrika gesê die belangrikste positiewe bydraers tot die 3% jaarlikse inflasiekoers was behuising en nutsdienste, voedsel en nie-alkoholiese drankies en alkoholiese drankies en tabak.
Vleis – spesifiek beesvleis – bly die hoofdryfveer van voedselinflasie te wees. Beesvleispryse het vir die derde agtereenvolgende maand opgegaan, met hoë jaarlikse en maandelikse verhogings vir stowevleis, maalvleis en biefstuk.






Comments