Vleispryse sal na verwagting hoog bly
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 12 hours ago
- 1 min read
Vleispryse sal na verwagting hoog bly terwyl die land die ergste uitbraak van bek-en-klouseer in jare beveg.
Pryse het gemiddeld met 12.2% in die 12 maande tot November 2025 gestyg - die hoogste jaarlikse koers sedert Januarie 2018.
Die veebedryf van R80 miljard het produksiekoste sien styg namate dit maatreëls instel om bek-en-klouseer te hanteer.
Vrystaat Landbou sê verbruikers moet voorbereid wees daarop dat vleispryse hoog sal bly namate die bek-en-klouseer-uitbraak vee teister.
Melkpryse sal waarskynlik ook beïnvloed word.







Comments