Vleispryse styg steeds
- Ilde Roos

- Oct 23
- 1 min read
Suid-Afrika se jaarlikse inflasie het in September effens gestyg, terwyl die styging in vleispryse onverpoosd voortduur.
Statistieke Suid-Afrika het die jongste syfers Woensdag aangekondig.
Die gemiddelde vleisprysinflasie het 11,7% bereik, die hoogste jaarlikse koers sedert Januarie 2018. Bees-kookvleis is nou 32,2% duurder as ‘n jaar gelede, en ander vleispryse begin ook versnel.
Die hoofdirekteur vir prysstatistieke, Patrick Kelly, sê die jaarlikse pryse vir lam- en varkvleis voel ook die druk, en het veral in September versnel.






Comments