top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vliegtuigdeur wat in Heidedal val is geïdentifiseer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 12, 2025
  • 1 min read

Die vliegtuigdeur wat by die Twin City-winkelsentrum in Heidedal in Bloemfontein te lande gekom het, het van ‘n mediese vliegtuig losgekom. Netwerk24 berig volgens die Burgerlugvaartowerheid (BLO)-woordvoerder, Sisa Mojalas, was die vliegtuig van Kimberley na Bloemfontein onderweg toe die voorval plaasgevind het. Die vliegtuig was glo op pad om te land toe ‘n waarskuwingslig die vlieënier in die stuurkajuit oor die deur gewaarsku het. Die deur het kort daarna van die vliegtuig losgekom. Volgens Majola het die bemanning aanboord, geen beserings opgedoen nie. ‘n Veiligheidsmaatskappy het die vliegtuigdeur in Heidedal gaan haal en aan die operateur terugbesorg. Die voorval word tans deur die BLO se ondersoekafdeling vir ongelukke en voorvalle ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page