Vliegtuigongelukke neem toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid sê hulle is bekommerd oor die toename in vliegtuigongelukke in die land.
Suid-Afrika het 43 vliegtuigongelukke hierdie boekjaar aangeteken.
Twaalf van hierdie ongelukke het die lewe van 17 mense geëis.
Die owerheid sê dit is ‘n toename van 10 sterftes in vergelyking met die vorige boekjaar.
Hulle voeg by vlieëniers moet ekstra waaksaam wees hierdie feestyd, aangesien die aantal vlugte na verwagting sal toeneem.






Comments