Vloeibare petroleumgas word as alterantief tot petrol ondersoek

Vloeibare petroleumgas (LPG) word as ‘n alternatief tot petrol ondersoek. Omskakeling na LPG stel geskikte petrolaangedrewe voertuie in staat om op gas te loop, wat brandstofuitgawes moontlik kan verminder sonder dat eienaars nuwe voertuie hoef aan te skaf.
Business Tech berig dié alternatiewe brandstof word tans teen sowat R15 per liter verkoop. Die opsie geniet toenemende aandag namate rekordbrandstofpryse van meer as R30 per liter druk op huishoudings en ondernemings plaas.
Volgens die besturende direkteur van Isinkwe Energies, Kyle Hartley, sal LPG-pryse na verwagting nie so skerp wissel soos petrol- en dieselpryse nie.
Die aanvanklike koste van die omskakeling van ’n voertuig is egter ongeveer R34 000, BTW en installasie ingesluit.
Motoriste sal dus ’n geruime tyd moet ry voordat die brandstofbesparings die aanvanklike koste dek.









Comments