Vlugte na Kaapstad word dalk verminder
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 18
- 1 min read
Weens brandstoftekorte oorweeg internasionale lugdienste dit om vlugte na Kaapstad te verminder.
Brandstofverskaffers sukkel om toegang tot brandstofreserwes by die hawe van Kaapstad te kry.
News24 berig brandstofverskaffers sukkel al meer as ‘n maand om toegang tot die brandstofvoorraad te kry weens ‘n dispuut met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Volgens die inkomstediens is die saak vertroulik.
Ten minste vyf internasionale lugdienste is afhanklik van die Burgan Kaap-terminaal by die hawe van Kaapstad vir hul brandstofvoorraad by die Kaapstad Internasionale Lughawe.






Comments