top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VF Plus vra vir meer tydom die konsep-geskiedeniskurrikulum te bekyk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die VF Plus versoek dat die sperdatum vir openbare deelname oor veranderinge aan die Geskiedeniskurrikulum met 14 dae verleng word.


Die uitnodiging vir openbare kommentaar is op 20 Maart vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer en het die sperdatum op 19 April vasgestel. Die party sê egter die dokumente waarop kommentaar versoek word, is omvangryk en vereis deeglike ondersoek.


Dit het ook beklemtoon dat die Departement van Onderwys dit nie maklik maak om die relevante dokumente te vind nie. Die VF Plus se parlementslid, Wynand Boshoff, sê twee bykomende weke behoort te help om die hele proses te versterk.


Ter illustrasie, Jan van Riebeeck. FOTO: New World Encyclopedia
Ter illustrasie, Jan van Riebeeck. FOTO: New World Encyclopedia

Comments


bottom of page