top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vlugte word by OR Tambo weens brandstof-uitdagings vertraag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 9, 2024
1 min read

Daar is Maandag vertragings van vlugte by die OR Tambo Internasionale Lughawe. Luidens ‘n kennisgewing van die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (ACSA) is dit weens brandstof-uitdagings, en dus kan vliegtuie nie soos normaal hervul nie. Die ACSA voeg by dat tegnici daaraan werk om die situasie so vinnig moontlik op te los, asook dat hulle passasiers op hoogte van enige veranderinge gehou sal word. Passasiers word aangeraai om hul lugrederye direk vir verdere inligting te kontak. Die jongste verwikelinge kom enkele dae nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens aangekondig het dat die vlieëniersstaking, wat verlede week uitgeroep is, opgeskort is.

 
 
 

Comments


bottom of page