top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

VN wil ingryp om burgerlikes in Soedan te beskerm

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 6, 2024
1 min read

‘n Menseregte-ondersoekspan van die Verenigde Nasies wil ‘n onafhanklike taakmag in die lewe roep vir die beskerming van burgerlikes in die oorlog geteisterde Soedan. Aan die hand van die ondersoekverslag is alle partye tot die konflik vermoedelik skuldig aan oorlogsmisdaad. Daar word ook gewaarsku dat enige ander land wat hulp verleen met wapens en geld vir oorlogvoering, as medepligtig beskou kan word. Associated Press berig meer as 10 miljoen mense is ontheem, waarvan nagenoeg 2 miljoen reeds na buurlande gevlug het. Derduisende mense is dood sedert burgeroorlog in April verlede jaar in Soedan uitgebreek het. Hongersnood het intussen in die Darfoer-kamp vir ontheemdes uitgebreek, en humanitêre groepe sukkel met toegang tot mense in nood.

 
 
 

Comments


bottom of page