top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voertuie van brandstofdiefstal-sindikaat word opgeveil

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 8, 2025
1 min read

Die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein het ‘n bewaringsbevel vir vier vragmotors en ses tenkwaens, wat in ‘n grootskaalse brandstofdiefstal gebruik is, toegestaan. Die voertuie is in 2022 op ‘n plaas in die Vrede-distrik onderskep terwyl brandstof uit ‘n Transnet-pypleiding gesteel is. Volgens Netwerk24 het een van die voertuigbestuurders skuld beken is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, sy medepligtiges het weggekom. Die nasionale vervolgingsgesag sê dievoertuie behoort aan ondernemings wat in Mpumalanga en die Oos-Rand bedrywig is. Die Batebeslagleggingseenheid beplan om die voertuie op te veil en die inkomste te gebruik om georganiseerde misdaad te beveg en kritieke infrastruktuur te beskerm.

 
 
 

Comments


bottom of page