top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voertuiglisensies kan nou by ‘n deurry hernu word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 10, 2025
1 min read

Kaapstad het hul eerste deurry vir voertuiglisensies in Brackenfell bekendgestel. Nuusflits berig  motoriste kan nou hul voertuiglisensies binne vyf minute hernu sonder om uit hul voertuie te klim. Volgens die stad se burgemeesterskomiteelid vir finansies, aanvaar die deurry slegs kaartbetalings en is tans net vir lisensiehernuwing beskikbaar. Hy voeg motoriste kan eenvoudig ’n hernuwings-SMS toon en hul skyf vinnig ontvang. Die Stad beoog om die diensure, wat tans agt ure in die week en Saterdae drie en ‘n half ure is, te verleng asook sal hulle ander soortgelyke fasiliteite ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page