Voetgangersterftes in die Vrystaat wek kommer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 12
- 1 min read
Voetgangersterftes in die Vrystaat het vanjaar skerp toegeneem, wat gelei het tot dringende samesprekings tussen die Padverkeersbestuurskorporasie en verskeie munisipaliteite, waaronder die Mangaung-metro.
Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie is 315 padsterftes tussen Januarie en Junie vanjaar in die provinsie aangeteken, waarvan 105 voetgangers was.
Die korporasie sê dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent in padsterftes vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, terwyl ander provinsies afnames aangeteken het.
Statistieke toon ook dat meer as die helfte van noodlottige ongelukke op Vrydae en Saterdae plaasvind.
Owerhede sê maatreëls sal dringend ingestel word om die aantal sterftes te verminder, veral met die langnaweek wat voorlê.








Comments