top of page

Volkswagen Suid-Afrika se Amarok-bakkies word herroep weens remprobleme

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 21
  • 1 min read

Volkswagen Suid-Afrika het die Nasionale Verbruikerskommissie in kennis gestel van ‘n remprobleem in 374 Amarok-bakkies. Die kommissie het Vrydagmiddag ‘n terugroepkennisgewing uitgereik. Die kommissie se Phetho Ntaba sê die betrokke motors is landwyd van 10 Januarie 2025 tot 12 Junie 2025 verkoop. Ntaba sê diegene wat ‘n Amarok-bakkie het, word aangemoedig om enige Volkswagen of Volkswagen-kommersiële voertuiggoedgekeurde handelaar te besoek vir ‘n assessering.

 
 
 

Comments


bottom of page