top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Volkswagen sê nog duisende poste kan geskrap word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 14
  • 1 min read

Volkswagen se uitvoerende hoof het aan werknemers gesê dat nóg 50 000 poste moontlik by die sukkelende motorreus geskrap kan word. Maroela Media berig volgens AFP bevestig dit berigte dat die groep wêreldwyd tot 100 000 poste wil besnoei.


Die Duitse motorreus verkeer onder geweldige druk weens Amerikaanse invoertariewe, kleiner winsmarges op elektriese voertuie en veral strawwe mededinging in die belangrike Chinese mark.


Die bestuur van die groep het verlede week begin met wat waarskynlik ’n lang en moeilike proses sal wees om oor posbesnoeiings met die toesighoudende raad te onderhandel. Werkers het intussen by aanlegte landwyd betoog.


Volkswagen is skerp gekritiseer omdat werknemers ontsteld gelaat is terwyl berigte oor grootskaalse posbesnoeiings in die media versprei het, sonder dat die maatskappy daarop kommentaar gelewer het.


Sommige bedryfsontleders het aan die hand gedoen dat Volkswagen die syfer van 100 000 doelbewus bekend gemaak het as ’n onderhandelingstaktiek en dat die uiteindelike getal posbesnoeiings waarskynlik laer sal wees.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page