Volkswagens word herroep weens handrem-probleme
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 6
- 1 min read
Die Nasionale Verbruikerskommissie het meer as 25 000 Volkswagen Polo Vivo-voertuie herroep weens ‘n foutiewe handrem.
Daar word vermoed dat die handrem dalk nie sal inskakel nie of onverwags kan ontkoppel, wat ‘n veiligheidsrisiko inhou wanneer ‘n motor op ‘n helling parkeer word.
Dit is die derde herroeping vir die Duitse vervaardiger tussen 2025 en 2026. Ander herroepings het die Polo Tiago, Polo sedan en die Amarok-bussie ingesluit.
Die kommissie spoor Polo Vivo-eienaars aan om hul voertuie dringend na enige VW-handelaar te neem vir inspeksie.








Comments