Voorbereidings vir die plaaslike owerheidsverkiesing vorder goed

Jun 12
1 min read
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê voorbereidings vir die plaaslike owerheidsverkiesing vorder goed.
Hlabisa het die aankondiging gemaak terwyl hy die departement se 2026-'27-begroting in die Nasionale Raad van Provinsies ter tafel gelê het. Die verkiesing word vir 4 November beplan.
Hlabisa sê pogings is ook aan die gang om te verseker dat die verkiesing geloofwaardig en regverdig is. Hy sê dit sluit die skep van ‘n inter-ministeriële komitee in, wat met die Onafhanklike Verkiesingskommissie en sleuteldepartemente in gesprek getree het.
LUISTER HIER:
Velenkosini Hlabisa









Comments