Voorbereidings vir die stadsrede is aan die gang
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 26
- 1 min read
Die Dr. Petrus Molemela-stadion in Bloemfontein is besig om voor te berei vir Dinsdag se stadsrede.
Verkeers- en wetstoepassingsbeamptes hou ’n parade by die stadion as deel van die laaste voorbereidings vir die begrotingsaanbieding.
Dit sal na verwagting in die Indoor Sports Centre plaasvind.
Volgens ’n plasing op Mangaung Metro Munisipaliteit se Facebook-blad het kommissaris Israel Kgamanyane die beamptes aangemoedig om professioneel op te tree, veral omdat die burgemeesterskomitee die geleentheid gaan bywoon.
Hy het ook gesê dat wetstoepassers met weermagopleiding by die voorbereiding betrokke is om bystand te verleen.
Die parade is ’n belangrike deel van die voorbereiding om te verseker dat die stadsrede glad verloop.





Comments