Voorgestelde wette sal geldvloei beter kontroleer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 16
- 1 min read
Die regering het wette voorgestel wat hulle sterker hulpmiddels sal gee om geldvloei te kontroleer én swaarder strawwe op te lê aan mense wat deel het aan finansiële misdade.
Dit is daarop gemik om geldwassery en terrorismefinansiering te bestry.
Volgens die Nasionale Tesourie sal die wet stukke wetgewing wysig, insluitend dié wat nie-winsgewende entiteite en maatskappye beheer.
Indien dit goedgekeur word, sal die wetsontwerp die regering toelaat om leefstyloudits uit te voer en die hulpmiddels wat dit het om kontant wat in en uit die land beweeg, op te spoor, uit te brei.







Comments