Voorgestelde wysigings kan dit moeililk maak om onwettige mynbou op te spoor

Sep 12
1 min read
AfriForum waarsku dat voorgestelde 2026-wysigings aan mynwette onwettige mynbou moeiliker kan maak om op te spoor indien tradisionele en kleinskaalse mynboupermitte ingestel word sonder groter regulatoriese en wetstoepassingskapasiteit.
Die wetsontwerp maak voorsiening vir boetes van tot R100-miljoen of 30 jaar gevangenisstraf vir sekere oortredings en versterk die Suid-Afrikaanse Polisiediens se bevoegdhede.
AfriForum se raadgewer vir Omgewingsake, Marais de Vaal, sê formalisering moet eers voortgaan wanneer voldoende kadastrale, inspeksie-, naspeurbaarheids- en handhawingskapasiteit in plek is.









Comments