top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voorkeurverkryging dryf die land tot op rand van ekonomiese afgrond

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die vakbond Solidariteit waarsku dat Suid-Afrika nie langer die vernietigende gevolge van rasgedrewe voorkeurverkryging en die toenemende uitbreiding daarvan kan bekostig nie.


Die waarskuwing is ʼn kerndeel van Solidariteit se grondwetlike hofstryd teen die Wet op Openbare Verkryging, wat Dinsdag in die Konstitusionele Hof voortgaan.


Die adjunkbestuurshoof van regsake by Solidariteit, Anton van der Bijl, sê hierdie saak gaan nie bloot oor wetgewing nie, maar ook oor ekonomiese groei, dienslewering en Suid-Afrikaners se reg op ʼn funksionerende staat.


Anton van der Bijl. FOTO: Maroela Media
Anton van der Bijl. FOTO: Maroela Media




 
 
 

Comments


bottom of page