top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voormalige adjunkpresident David Mabuza sterf op 64

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4, 2025
  • 1 min read

Die voormalige adjunkpresident David Mabuza is in die ouderdom van 64 oorlede.

Dit is Donderdag op X deur die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bevestig.

Netwerk24 berig Mabuza was dikwels van korrupsie beskuldig, maar nooit aan enigiets skuldig bevind nie.

Hy sal onthou word vir sy skielike ommeswaai wat in 2017 president Cyril Ramaphosa se verkiesing tot president van die ANC moontlik gemaak het.

Met sy uittrede as adjunkpresident het hy plek gemaak vir Paul Mashatile.

Volgens die ANC het Mabuza sy lewe gewy aan die bevryding en opheffing van mense, was diep toegewyd aan versoening en nasiebou, en het opgetree as 'n brugbouer binne die beweging en die regering.

Ramaphosa sê aankondigings sal later gedoen word oor die herdenkingsreëlings en die eerbewyse waarmee die land sy finale respek aan Mabuza sal betoon.

 
 
 

Comments


bottom of page