top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voormalige Bfn-makelaar terug in hof vir bedrog

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 12, 2025
1 min read

'n Voormalige finansiële makelaar van Bloemfontein se hofsaak oor beweerde bedrog gaan Woensdag voort. Netwerk24 berig die beskuldigde, Jaco Cloete, ontken skuld op verskeie aanklagte waarby meer as R39 miljoen glo betrokke is. Beleggers is glo hoë opbrengste belowe, waarna hulle meeste of al hul geld verloor het. Cloete word ook aangekla van onder meer geldwassery en die oortreding van die Wet op Beleggingskemas. Die klaers is van Bloemfontein, Upington, Heilbron, Pretoria, Polokwane en Delmas. Cloete word deur Adv. Christo van Schalkwyk verteenwoordig.

 
 
 

Comments


bottom of page